Jan en die boontjierank

Below is the Afrikaans version of Jack and the beanstalk. This is part of a theme to encourage comprehension of Afrikaans.

Jan en die boontjierank

Lank, lank gelede het ‘n seun en sy ma in ‘n klein huisie in ‘n klein dorpie gewoon. Die seun het elke dag skooltoe gegaan en sy ma in die huis gehelp na skool. Sy naam was Jan. Hulle het ‘n kat en ‘n koei gehad en groente in die tuin.

Jan se ma het hom eendag geroep: “Jan gaan asseblief mark toe en verkoop ons koei omdat ons nie meer geld het nie.”

Jan was baie hartseer hieroor maar het geluister na sy ma en die koei mark toe genooi.

By die mark het Jan ‘n ou man gesien en vir hom gevra: “Goeie more Meneer. Wil u dalk my koei koop?”

Die man het na hom gekyk en vir hom gese: “Mmm ek het nie geld nie maar ek kan vir jou hierdie 5 towerboontjies aanbied.

Jan het geantwoord: “Ek is baie jammer Meneer maar my ma het gese dat ek die koei moet verkoop vir geld.”

“Ek het nie geld nie seun. Jy sal nie jammer wees as jy die koei vir hierdie boontjies ruil nie.” Het die ou man met ‘n glimlag gese.

“Goedso Meneer ek sal u ruil.” Antwoord hy en neem die boontjies en gaan huistoe.

By die huis was sy ma baie ongelukkig oor die boontjies en gooi dit by die deur uit. Jan is bed toe met ‘n swaar hart en het gevoel asof hy ‘n groot fout gemaak het. Die volgende oggend was daar ‘n reuse boontjierank buite hulle venster. Toe Jack na dit gekyk het kon hy sy oe nie glo nie. Dit was so breed soos ‘n bus en het tot in die lug gestrek. Hy het besluit om te probeer om dit te klim en het middagete in sy rugsak gepak en begin klim. Hy het geklim en geklim totdat hy by die wolke was. Hy kon dit nie glo toe hy agterkom dat hy op die wolke kon staan nie. Jan het op die wolke gaan staan en begin loop. Hy het geloop vir ‘n rukke en sien toe ‘n reuse kasteel voor hom. Hy het na die voordeur gestap en geklop. Die reuse deur het oopgekreun en ‘n reuse vrou het voor hom gestaan.

“Wie is jy seun?” het die reuse vrou vriendelik gevra.

“My naam is Jan.” Het hy geatwoord.

“Jy het net betyds gekom! Ek dink jy kan my help met iets. Ek moet die hoeke van my kasteel vee maar my besem is te groot. Ek het ‘n kleiner een maar my hande is te groot om dit vas te hou. Kan jy my help asseblief?”

“Ja ek kan Mevrou. Ek help my ma altyd in die huis.” Jan het dadelik begin vee. Dit was ‘n baie groot kasteel en dit het ‘n hele paar ure geneem. Toe hy klaar was het die reuse vrou vir hom ‘n glas lemoensap gegee.

Die reuse vrou het hom toe gevra: “Ek wonder wat ek vir jou kan gee vir al jou hulp? Mmm, laat ek dink. Ah! Ek weet! Ek kan vir jou die hen gee wat goue eiers le as jy belowe om my te kom help een keer per maand om die hoeke van my kasteel te vee?”

“Dit sal nie ‘n probleem wees nie. Baie dankie!” het Jan geantwoord.

Jan het die hoender geneem en af geklim met die boontjierank. Sy ma was baie bly en elke keer wanneer hulle iets nodig het le die hen ‘n goue eier. Tot vandag toe klim Jan die boontjierank een keer per maand om die reuse vrou se kasteel te vee.

Hope you enjoyed the story. Find a comprehension test and vocabulary here.

If you’d like more of these stories please leave a comment below.

Like my Facebook page.

Follow me on Twitter @AmandaCalitz

My other blogs: Sunflowerfun Pre school Sunflowerfun Primary Sonneblomme, koffie en varkies

Advertisements

Published by

Sunflower

Very creative. Happily married. Living on a plot with my husband and two dogs. Loving life.

3 thoughts on “Jan en die boontjierank”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s