‘n kort Lente storie

A VERY short story to read about spring. 🙂

In ‘n dorpie nie ver van hier nie woon daar ‘n jong meisie. Haar naam is Susan. Sy hou baie daarvan om buite te wees en om in die tuin te werk. Sy is 11 jaar oud en in Graad 6. Soos enige ander jong tiener hou sy daarvan om met haar vriende te gesels en om na haar I pod te luister terwyl sy buite werk. Dit is uiteindelik lente. Sy wag al die hele winter hiervoor! Nou kan sy begin om in die tuin te werk. Sy vat haar grafie en spitvurk en begin om die bedding om te spit. Eers woel sy die grond om. Sy gaan haal toe die kompos en meng dit in die grond in. Nou wonder sy…watter saadjies om te plant? Sy kan nie besluit of sy groente of blomme wil plant nie. Sy besluit om in die tuin rond te stap om te kyk wat daar is die winter was so lank sy wonder watter plante het alles oorleef. Rose, vetplante en clivias. Die clivias blom te pragtig.

“Susan!” roep haar ma.

“Ja, ma?” antwoord sy.

“Kom help my gou met die kos asseblief.”

Die plantery sal moet wag want haar ma roep haar om te help. Nou kan sy rustig vannaand besluit wat sy wil plant. More is nog ‘n dag.

Susan het daardie aand besluit om komkommer, blaarslaai en spinasie te plant. Die volgende dag na skool is sy toe dadelik na haar tuintjie om die groente te plant.

Vertaal in Engels:

komkommer-

groente-

spitvurk-

grafie-

spinasie-

Begripstoets

1. Wat is die hoofkarakter in die storie se naam?

2. Hoe oud is Susan?

3. In watter graad is Susan?

4. Wat wou sy in die tuin gaan doen het?

5. Waarom het haar ma haar geroep?

6. Wat het sy besluit om in die tuin te plant?

Kry die antwoorde hier.

Advertisements

Published by

Sunflower

Very creative. Happily married. Living on a plot with my husband and two dogs. Loving life.

2 thoughts on “‘n kort Lente storie”

  1. Ek is nou nuuskierig. Wonder of sy honde het wat die bedding gaan vernietig. Dalk gaan die voe”ls die nuwe jong plantjies gaan opeet en hoe gaan sy die 2 probleme oplos.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s