Dubbelklinkerklanke lees

Dit was ‘n mooi helder maanskynaand. Die kinders gaan saam met Oom Piet om brood te koop. Net toe Jan in die geel motor wou klim stamp hy sy toon teen ‘n klip. San sien hoe ‘n man oor die muur spring. Boe! skree die man. Almal skrik baie groot. Dit is die buurseun, Ben, wat hulle kom skrikmaak het. Almal is verlig dat dit nie ‘n inbreker is nie.

 

Enkelklinkers lees

Read the following passage to improve pronunciation:

Jan en San het elkeen hulle eie troeteldier. Jan het ‘n kat. Sy kat se naam is Zak. San het ‘n haas. Die haas se naam is Das. Zak is stout. Hy wil vir Das vang. Das spring vinnig in sy hok. Nou kan Zak hom nie vang nie. Jan teken ‘n prent met sy kryt. Hy teken vir Zak wat vir Das jaag. Die kinders gaan Vrydag vir Ouma en Oupa kuier. Zak en Das mag nie saamgaan nie.

Building blocks of Afrikaans pronunciation

Afrikaans is a phonic language. You spell it as you say it. If you know the sounds (klanke) it will be easier for you.

Remember:

  • If it is one thing it is written as one word.
  • If the word starts with a ‘w’ you pronounce it like an English ‘v’
  • The ‘d’ and ‘t’ at the end of a word sounds the same.

Jan en die boontjierank Taal en Begripstoets

Hallo,

Here is a Language and comprehension test for Jack and the Beanstalk 🙂

Afrikaans Taal en Begripstoets

Punt Totaal 50                       1uur 30min

Jan en die boontjierank

Lank, lank gelede het ‘n seun en sy ma in ‘n klein huisie in ‘n klein dorpie gewoon. Die seun het elke dag skooltoe gegaan en sy ma in die huis gehelp na skool. Sy naam was Jan. Hulle het ‘n kat en ‘n koei gehad en groente in die tuin.

Jan se ma het hom eendag geroep: “Jan gaan asseblief mark toe en verkoop ons koei omdat ons nie meer geld het nie.”

Jan was baie hartseer hieroor maar het geluister na sy ma en die koei mark toe genooi.

By die mark het Jan ‘n ou man gesien en vir hom gevra: “Goeie more Meneer. Wil u dalk my koei koop?”

Die man het na hom gekyk en vir hom gese: “Mmm ek het nie geld nie maar ek kan vir jou hierdie 5 towerboontjies aanbied.

Jan het geantwoord: “Ek is baie jammer Meneer maar my ma het gese dat ek die koei moet verkoop vir geld.”

“Ek het nie geld nie seun. Jy sal nie jammer wees as jy die koei vir hierdie boontjies ruil nie.” Het die ou man met ‘n glimlag gese.

“Goedso Meneer ek sal u ruil.” Antwoord hy en neem die boontjies en gaan huistoe.

By die huis was sy ma baie ongelukkig oor die boontjies en gooi dit by die deur uit. Jan is bed toe met ‘n swaar hart en het gevoel asof hy ‘n groot fout gemaak het. Die volgende oggend was daar ‘n reuse boontjierank buite hulle venster. Toe Jan na dit gekyk het kon hy sy oe nie glo nie. Dit was so breed soos ‘n bus en het tot in die lug gestrek. Hy het besluit om te probeer om dit te klim en het middagete in sy rugsak gepak en begin klim. Hy het geklim en geklim totdat hy by die wolke was. Hy kon dit nie glo toe hy agterkom dat hy op die wolke kon staan nie. Jan het op die wolke gaan staan en begin loop. Hy het geloop vir ‘n rukke en sien toe ‘n reuse kasteel voor hom. Hy het na die voordeur gestap en geklop. Die reuse deur het oopgekreun en ‘n reuse vrou het voor hom gestaan.

“Wie is jy seun?” het die reuse vrou vriendelik gevra.

“My naam is Jan.” Het hy geatwoord.

“Jy het net betyds gekom! Ek dink jy kan my help met iets.  Ek moet die hoeke van my kasteel vee maar my besem is te groot. Ek het ‘n kleiner een maar my hande is te groot om dit vas te hou. Kan jy my help asseblief?”

“Ja ek kan Mevrou. Ek help my ma altyd in die huis.” Jan het dadelik begin vee. Dit was ‘n baie groot kasteel en dit het ‘n hele paar ure geneem. Toe hy klaar was het die reuse vrou vir hom ‘n glas lemoensap gegee.

Die reuse vrou het hom  toe gevra: “Ek wonder wat ek vir jou kan gee vir al jou hulp? Mmm, laat ek dink. Ah! Ek weet! Ek kan vir jou die hen gee wat goue eiers le as jy belowe om my te kom help een keer per maand om die hoeke van my kasteel te vee?”

“Dit sal nie ‘n probleem wees nie. Baie dankie!” het Jan geantwoord.

Jan het die hoender geneem en af geklim met die boontjierank. Sy ma was baie bly en elke keer wanneer hulle iets nodig het le die hen ‘n goue eier. Tot vandag toe klim Jan die boontjierank een keer per maand om die reuse vrou se kasteel te vee.

Begripstoets/Comprehension test:

Write the Afrikaans translation of the following words:

  1. long long ago____________________________
  2. small house_____________________________
  3. school__________________________________
  4. giant_____________________________________
  5. cow_______________________________________
  6. month_____________________________________
  7. backpack___________________________________
  8. happy_____________________________________
  9. when_________________________________
  10. egg______________________________

Answer the following questions/ Beantwoord die volgende vrae:

  1. Wat het Jan elke dag na skool gedoen?_______________________________
  2. Wat het sy ma gevra moet hy gaan verkoop?_____________________________
  3. Wat het jy toe gedoen met die koei?____________________________________
  4. Wat het met die towerboontjies gebeur nadat sy ma dit by die venster uitgegooi het?___________________________________________________________
  5. Wie het Jan ontmoet daar bo in die wolke?_____________________________
  6. Wat moes hy vir die reuse vrou gedoen het?____________________________
  7. Watter geskenk het Jan gekry vir sy hulp?________________________________ _________________________________________________________________
  8. Hoe het hierdie geskenk vir Jan en sy ma gehelp?_________________________ _________________________________________________________________
  9. Wat sou jy gedoen het as jy ‘n boontjierank gesien het? (2)__________________ _________________________________________________________________

Totaal Afdeling A  20

Afdeling B Taal

A.Skryf in die verledetyd

  1. Jan klim op met die boontjierank.___________________________
  2. Jan neem die koei mark toe._______________________________
  3. Die ou man koop die koei._____________________________
  4. Jan hou van die boontjierank.__________________________
  5. Jan se ma is kwaad.__________________________________ (10)

 

  1. Skryf in die nie-ontkenning.
  2. Jan hou van die koei._______________________________
  3. Jan se ma is bly.___________________________________
  4. Die ou man is kwaai.________________________________
  5. Die reuse vrou wil met Jan praat._______________________
  6. Die hen le goue eiers________________________________. (10)

 

C.Vraende voornaamwoorde

Skryf die sinne as vraagsinne (vraende voornaamwoord)

Voorbeeld: Jerry speel ‘n sokkerwedstryd. Wat…?

Antwoord: Wat speel Jerry?

  1. Jan klim vanmiddagop met die boontjierank. Wanneer…?

_______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ (2)

  1. Jan klim tot by die kasteel. Waar..? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________(2)
  2. Jan klim goed met die boontjierank. Hoe…? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________(2)
  3. Jan eet van vanmiddag ‘n toebroodjie. Wat….? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________(2)
  4. Jan vee die kasteel vanmiddag. Wanneer?

____________________________________________________________________ __________________________________________________________________(2) {10}

Totaal Afdeling B (30)