Lente storie memo vocabulary

Vertaal die volgende woorde in Engels. Translate the following words in English.

This is a memo of this assessment.

  1. Dogtertjie- young girl
  2. Naam-name
  3. Oos Kaap- Eastern Cape
  4. Gekuier- visited
  5. Die-the
  6. Indwe- blue crane
  7. Bloukraanvoel- blue crane
  8. Tuin- garden
  9. Pragtig- beautiful
  10. Pampoen-pumpkin
  11. Tuingereedskap- garden implements
  12. Bedding- flower bed
  13. Gereed- ready
  14. Spit-spade
  15. Erdwurm- earth worm
  16. Nadat- afterwards.

 

Advertisements

‘n Lentestorie

 

Nie lank gelede nie, in ‘n dorpie nie so ver van hier nie het daar ‘n dogtertjie gewoon. Haar naam was Sebahle. Sy het by haar ouma (gogo) in die Oos Kaap gekuier. Haar Ouma het in ‘n baie klein dorpie gewoon. Die dorpie se naam is Indwe. Indwe is die Xhosa word vir bloukraanvoel. Dit is lente. Sebahle en haar ouma stap in die tuin rond. Hulle sien pragtige blomme. Sebahle se Ouma wil groente plant. Sy wil ertjies, boontjies, kool en pampoen plant.

Sebahle se ouma vra: “My kind, gaan haal asseblief die tuin vurk, grafie, gieter en pampoensaad.”

“Ja Ouma ek sal dit nou gaan haal.” Antwoord Sebahle.

Hulle kan nou begin om die bedding gereed te maak. Eers spit hulle die bedding om. Sebahle spit en spit.

“Kyk Ouma!” roep Sebhahle uit “ ‘n erdwurm!”

“Dit is goeie nuus” antwoord haar Ouma. “Erdwurms doen goeie werk.”

Nadat hulle die tuin omgespit het maak hulle gaatjies en plant die pampoen pitte daarin. Hulle maak ook die pitte nat.

“Nou moet ons net wag vir die pitte om op te kom.” Antwoord Sebahle.

 

Vertaal die volgende woorde in Engels. Translate the following words in English.

  1. Dogtertjie
  2. Naam
  3. Oos Kaap
  4. Gekuier
  5. Die
  6. Indwe
  7. Bloukraanvoel
  8. Tuin
  9. Pragtig
  10. Pampoen
  11. Tuingereedskap
  12. Bedding
  13. Gereed
  14. spit
  15. erdwurm
  16. nadat

Please find the memo in the next post

 

Kort Lente storie antwoorde

Please find the questions of this comprehension test here.

Vertaal in Engels:

komkommer-cucumber

groente-vegetables

spitvurk-fork

grafie-spade

spinasie-spinach

Begripstoets

1. Wat is die hoofkarakter in die storie se naam? Susan

2. Hoe oud is Susan? 11 jaar

3. In watter graad is Susan? Graad 6

4. Wat wou sy in die tuin gaan doen het? Sy wou in haar tuin gaan plant het.

5. Waarom het haar ma haar geroep? Haar ma wou he Susan moet haar help met die kos.

6. Wat het sy besluit om in die tuin te plant? komkommer, tamatie en spinasie

‘n kort Lente storie

A VERY short story to read about spring. 🙂

In ‘n dorpie nie ver van hier nie woon daar ‘n jong meisie. Haar naam is Susan. Sy hou baie daarvan om buite te wees en om in die tuin te werk. Sy is 11 jaar oud en in Graad 6. Soos enige ander jong tiener hou sy daarvan om met haar vriende te gesels en om na haar I pod te luister terwyl sy buite werk. Dit is uiteindelik lente. Sy wag al die hele winter hiervoor! Nou kan sy begin om in die tuin te werk. Sy vat haar grafie en spitvurk en begin om die bedding om te spit. Eers woel sy die grond om. Sy gaan haal toe die kompos en meng dit in die grond in. Nou wonder sy…watter saadjies om te plant? Sy kan nie besluit of sy groente of blomme wil plant nie. Sy besluit om in die tuin rond te stap om te kyk wat daar is die winter was so lank sy wonder watter plante het alles oorleef. Rose, vetplante en clivias. Die clivias blom te pragtig.

“Susan!” roep haar ma.

“Ja, ma?” antwoord sy.

“Kom help my gou met die kos asseblief.”

Die plantery sal moet wag want haar ma roep haar om te help. Nou kan sy rustig vannaand besluit wat sy wil plant. More is nog ‘n dag.

Susan het daardie aand besluit om komkommer, blaarslaai en spinasie te plant. Die volgende dag na skool is sy toe dadelik na haar tuintjie om die groente te plant.

Vertaal in Engels:

komkommer-

groente-

spitvurk-

grafie-

spinasie-

Begripstoets

1. Wat is die hoofkarakter in die storie se naam?

2. Hoe oud is Susan?

3. In watter graad is Susan?

4. Wat wou sy in die tuin gaan doen het?

5. Waarom het haar ma haar geroep?

6. Wat het sy besluit om in die tuin te plant?

Kry die antwoorde hier.

Dis lente

image

 

Instruksies: Teken ‘n blombedding

Teken ‘n blombedding met 5 rooi rose, 3 sonneblomme en 3 ander blomme. Kleur dit mooi in asseblief. Ek sal more my prent plaas sodat jy kan sien of jy reg verstaan het. Jy kan jou prent ook vir my stuur as jy wil.

image

 

Instruksies: Teken ‘n blom

Trek ‘n sirkel in die middel van die bladsy. Teken nou ses blomblare rondom die sirkel. Teken daarna ‘n stam en kleur in. Ek sal more my prent plaas sodat jy kan sien of jy reg verstaan het. Jy kan jou prent ook vir my stuur as jy wil.

image

 

Teken ‘n boom en ‘n seun met ‘n glas in sy handimage

Past tense/ Verlede tyd antwoorde

The questions where published yesterday. 😉

  1. Ek het van koeldrank gehou.
  2. Ek het in die tuin gewerk.
  3. Ons kon nie wag vir die lente nie.
  4. Ek het van rooi rose gehou.
  5. Sy het winkel toe gegaan om blomme te koop.
  6. Hulle het see toe gegaan.
  7. Susan elke dag kafee toe gegaan.
  8. Hy het daarvan gehou om te gaan fliek.
  9. Sy het ‘n boek gelees.
  10. Hy het ‘n liedjie gesing.

 

Past tense/ Verlede tyd

Write the following sentences in the past tense. Take a look here to refresh your memory regarding the past tense.

Find the answers here.

 

  1. Ek hou van koeldrank.
  2. Ek werk in die tuin.
  3. Ons kan nie wag vir die lente nie.
  4. Ek hou van rooi rose.
  5. Sy gaan winkel toe om blomme te koop.
  6. Hulle gaan see toe.
  7. Susan gaan elke dag kafee toe.
  8. Hy hou daarvan om te gaan fliek.
  9. Sy lees ‘n boek.
  10. Hy sing ‘n liedjie.